Dit was die perfekte somersonskyndag. Die lug was skoon en die veld so groen dat dit jou oë seermaak. In hierdie wonderskone mooi omgewing begin twee pragtige mense hulle pad in die lewe saam. Dit was ‘n belewenis om saam met hierdie twee besonderse mense en hulle families en vriende hierdie spesiale dag te kon beleef. En wat dit nog meer spesiaal en onvergeetlik vir my gemaak het is dat ek al die pad van die Wes-Kaap gekom het om hierdie spesiale oomblikke te kon vasvang. Wat ‘n voorreg is dit nie om ‘n pad saam met mense te kan stap nie!